Cederberg Eerste is trots en dankbaar om Ferdienand Fransman te verwelkom as ons kandidaat vir Wyk 5, Lambertsbaai.
Ferdie is geen vreemdeling vir diens aan sy mense nie: “…As iemand n probleem in sy werkplek optel in Lambertsbaai…wie is die eerste naam wat op iemand se gedagte kom wat SAL help? Dit is Ferdi Fransman die hele Lambertsbaai weet dit!
Dis 15+ jaar se diens aan die Khoi- en San-gemeenskappe van die Weskus wat hy nou na plaaslike regering toe bring.
In sy eie woorde:
“Die welstand van my gemeenskap is van uiterste belang vir my… dieselfde gees van diens wat ek my hele lewe geleef het, wil ek nou in plaaslike regering inbring, sodat ons gemeenskappe in Wyk 5 gehoor, gerespekteer en opgehef kan word.”
Ferdie, ons is bevoorreg om u langs ons te hê in hierdie reis.















