ruben richards

Inwoners wat inwoners dien | Residents serving residents

Proportional Candidate 1 

Chairman of CE 

Born- Cape Town. 66 years old – married – 2 children – 1 grand child – Tradesman, Mediator, Business Executive, Author, Academic, Nation Building Practitioner

Ruben Richards is op 28 Junie 1960 in Kaapstad gebore, tydens Suid-Afrika se Apartheidsera. Sy pa was ‘n posbode — hy het die pos met ‘n fiets afgelewer — maar het ten spyte daarvan vir hulle gesin van vyf gesorg, en oor byna 20 jaar genoeg geld gespaar om vir homself ‘n vliegtuigkaartjie na die VSA te koop, omdat hy as leke-Sondagskoolprediker so baie in dié land belanggestel het en sy eie kontakte daar opgebou het.

Ruben het hoërskool op sewentienjarige ouderdom in Kaapstad voltooi, en het geen ambisie gehad nie, en ook nie die skoolresultate om aan ‘n universiteit te studeer nie. In Januarie 1978, as ‘n 17-jarige, het hy by dié fabriek Kleurlingvroue toesig gegee oor hoe om ‘n naaimasjien te gebruik — ‘n vaardigheid wat hy by sy ma geleer het.  Ná sy tyd in die klerasiefabriek het hy in die enjinkamer van groot handelskip as ‘n “greasemonkey” — ‘n arbeider begin werk. Hy het hier homself gekwalifiseer as ‘n passer-en-draaier (fitter and turner) ambagsman opgelei en gewerk, voordat hy sy rigting verder na akademiese studie verskuif het. Hy is ‘n georden Christen-geestelike, en het gemeentes in Soweto en Kaapstad bedien. Hy voltooi ‘n doktorsgraad in die Ou Testament.

Sy professionele loopbaan strek oor talle dissiplines, as ambagsman, aspirant Predikant, die akademie en die burgerlike samelewing. Onder andere het hy gedien as die Uitvoerende Sekretaris van Suid-Afrika se Waarheids- en Versoeningskommissie (Menseregtekomitee), en as Adjunk-Direkteur-generaal van die Skerpioene (die ondersoekeenheid van die Nasionale Vervolgingsgesag). Hy is ook die stigter van die Ruben Richards Foundation, ‘n Suid-Afrikaanse nie-winsgewende organisasie toegewy aan die fasilitering van genesing in getraumatiseerde gemeenskappe. In 2015 het die Stigting die gesogte Nasionale Versoeningstoekenning ontvang, toegeken deur die Institute for Justice and Reconciliation. Die toekenning was vir die Stigting se werk in genesing, herstel, en die konfrontering van daardie faktore wat gemarginaliseerde mense van die hoofstroom-samelewing uitsluit.

Hy het aan verskeie Afrika-lande konsultasiedienste gelewer oor sake rakende oorgangsgeregtigheid, met spesifieke verwysing na die vestiging van ‘n Waarheidskommissie. Hierdie opdragte het ingesluit dat hy deur die Tunisiese Waarheidskommissie aangestel is as internasionale waarnemer by daardie land se eerste openbare verhore, asook as tegniese adviseur tot die Nasionale Vrede- en Versoeningskommissie van Zimbabwe. Hy het ook ‘n hoofrede gelewer in Kigali, Rwanda, oor lesse geleer uit Waarheidskommissies, en ook by die Regsvereniging van Swaziland Universiteit oor die bestryding van korrupsie, gegrond op lesse van Suid-Afrika se Skerpioene. Hy het voorts intieme sessies met senior en uitvoerende personeel binne die justisiesektor van Afrika-lande gefasiliteer.

Hy beskik oor grade van Switserland, die VSA en Suid-Afrika, en is ‘n gepubliseerde skrywer.  Bastaards or Humans (Volume 1 & 2) [www.bastaardsorhumans.co.za], is deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement onderskryf as ‘n alternatiewe geskiedenis van Suid-Afrika, om in die geskiedeniskurrikulum van hoërskoolleerders geïntegreer te word.

Hy woon in Kaapstad, is 41 jaar getroud, en het twee volwasse kinders — Mpilo Richards ‘n professionele akteur, is getroud en woon in London, en het onlangs ‘n baba gehad, hulle eerste kleinkind. Sy ander kind Nomsa is ‘n mediese dokter wat onlangs haar studies verder gevoer het, ook in gemeenskapsgesondheidsorg. 

Kwalifikasies:
Ph.D. (1995) — Universiteit van Kaapstad; 

B.D. (1992) — Zürich, Switserland; 

M.Th. (1990) — Michigan, VSA; 

B.Soc.Sc. (1988) — Universiteit van Kaapstad; 

NTC5 (1983) [Meganiese Ingenieurswese] — Athlone Tegniese Kollege, Kaapstad.

Akademiese aanstellings:
Buitengewone Professor, Sekuriteitstudies (Wits P&DM); Besoekende Professor, Texas Christian University; Besoekende Professor, Albion College, Michigan, VSA.

https://rrf.org.za/

https://rubenrichards.co.za/

All leaders:

proportional leaders

dr ruben richards

Deputy Mayor

emerine mashall

Wyk 2 (Citrusdal)

ward councilors

Maxwell Heins

Wyk 3 – Speaker

andré mouton

Wyk 6

leadership

Martin Bergh

Leadership