Basil Waterboer

Inwoners wat inwoners dien | Residents serving residents

Wyk 1 Kandidaat, Citrusdal

Basil Christofer Waterboer 

Cederberg Eerste is trots en dankbaar om Basil Waterboer te verwelkom as ons kandidaat vir Wyk 1, Citrusdal.

Basil is ‘n ware Citrusdaler – gebore, grootgeword en sy hele lewe hier werksaam. Vandag reeds is hy:

  • 22 jaar lank by een kommersiële sitrusplaas in Citrusdal werksaam, waar hy kartonvervaardiging, voorraadbeheer en masjienonderhoud vir drie pakhuise gekoördineer het
  • Tans Logistieke Beampte by ‘n farmaseutiese maatskappy
  • ‘n Gekwalifiseerde en geakkrediteerde Rugbyskeidsregter by die Boland Skeidsregters vereniging
  • Betrokke by gemeenskapsprojekte gekoppel aan sport, met die doel om jeug in minderbevoorregte gemeenskappe op te hef.

Deur al die jare se werk en betrokkenheid by sport het Basil ‘n wye netwerk in Citrusdal se landelike gebied opgebou – presies die gemeenskap wat Wyk 1 verteenwoordig.

Hy het homself ook voortdurend opgeskerp deur kursusse in leierskap, gesondheid en veiligheid, dissipline in die werkplek en besigheidsbeginsels.

Basil, ons is bevoorreg om jou langs ons te hê in hierdie reis na 4 November 2026.

All leaders:

proportional leaders

dr ruben richards

Deputy Mayor

emerine mashall

Wyk 2 (Citrusdal)

ward councilors

Maxwell Heins

Wyk 3 – Speaker

andré mouton

Wyk 6

leadership

Martin Bergh

Leadership