Wyk 4 Kandidaat, Graafwater, Elandsbaai
Arnold Boois
Cederberg Eerste is trots en dankbaar om Arnold Boois te verwelkom as ons kandidaat vir Wyk 4, Graafwater.
Arnold is ‘n rustige, toegewyde mensemens met ‘n skerp oog vir goeie bestuur en administrasie. Sy loopbaan strek oor verskeie sektore:
- Areabestuurder vir die Verkiesingskommissie (IEC) in Graafwater
- Toesighouer by die EPWP, Cederberg Munisipaliteit
- Veldwerker by Statistieke Suid-Afrika
- Gemeenskapskakelbeampte (CLO) by Amandla Construction
- Opleidingstoesighouer by Pioneer Foods
Entrepreneur en besigheidseienaar in die spyseniersbedryf
Dit is presies hierdie kombinasie – veldnavorsing, data-versameling, gemeenskapskakeling en jare se ervaring binne die munisipaliteit self – wat vir Arnold die vertroue van die IEC gewen het, en wat hom nou voorberei vir diens in Wyk 4.
Arnold, ons is bevoorreg om u langs ons te hê in hierdie reis.